Szlachta

'n Poolse szlachcic of adellike, Stanislaw Antoni Szczuka (1652 of 1654-1710), in Sarmatiese kleredrag

Die Poolse term szlachta verwys na die laer adelsklas in die Koninkryk Pole en die Grootvorstedom Litaue (wat in 1569 in die Pools-Litause Gemenebes verenig is) en die gepoloniseerde gebiede wat deur dié twee lande oorheers is (soos die Hertogdom Pruise en Roetenië). Lede van die hoër Poolse adelsklas het daarenteen as magnate bekend gestaan. Adellikes word in Pools algemeen szlachcic genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search